Dié goue pastagebak met ’n ryk tamatiegeur is ’n vertroostende aandete wat jou twee keer sal laat skep. 

  • Voorverhit die oond tot 190 °C.
  • Braai die preie en tiemie in die avokado-olie in ’n groot kastrol oor hoë hitte tot glansend.
  • Voeg die soetrissies, tamatiepuree en -pasta, sondroë tamaties en pastawater by. 
  • Roer deur en laat prut 10 min. oor hoë hitte. 
  • Voeg die suurlemoenskil en kalamata olywe by en geur dan met die sout en peper. 
  • Voeg die pasta by en meng deeglik deur.
  • Skep die pasta op ’n bak en bedek met die broodkrummels en kaas.
  • Pak die worse bo-op en bak 25 min.