Mediterreense varkworsies met fyn patat en uie geposjeer in rooiwyn

akkreditasie
.
.
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 20 min
Bestanddele
  • 60 ml (¼ k) botter - sout en peper, na smaak
  • 60 ml (4 e) - vars tiemie, gekap
  • Mediterreense varkworsies met fyn patat -
  • 125 ml (½ k) - water
  • 250 ml (1 k) - droë rooiwyn
  • 45 ml (3 e) - olyfolie
  • Rooiwyn-geposjeerde uie -
  • 60 ml (4 e) - groenteaftreksel
  • 90 ml (6 e) - olyfolie
  • 2 - groot patats, gehalveer
  • 2 - groot uie, in kwarte gesny
  • 375 g - Eskort Mediterreense varkworsies
Metode

Dié eenvoudige #DieLekkerLewe-maaltyd is die perfekte manier om ná ’n besige dag te herlaai. 

Mediterreense varkworsies met fyn patat

  • Voorverhit die oond tot 200°C.
  • Plaas die patat op ’n bakplaat en bedruip met 3 e olyfolie. 
  • Bedek elke helfte met botter, geur met sout en peper, en bak 10-15 min. tot die patat sag is.
  • Druk die patat met ’n aartappelfynmaker plat en bak nog 5 min.
  • Verwyder die bakplaat van die oond en voeg die varkworsies by.
  • Bedruip met 3 e olyfolie, sit terug in die oond en bak 8-10 min.
  • Rooiwyn-geposjeerde uie
  • Terwyl die patat en worsies in die oond is, verhit ’n braaipan oor matige hitte.
  • Voeg 3 e olyfolie in die pan en braai die uie en tiemie tot die uie begin verkleur.
  • Voeg die rooiwyn, groenteaftreksel en water in die pan.
  • Verlaag die hitte en laat prut 10-15 min. tot die sous begin verdik.

Vir voorsit:

  • Bedek elke fyngemaakte patat met varkworsies en sit voor saam met rooiwyn-geposjeerde uie en ’n slaai van gemengde roket en mikrogroente as bykosse.

Dis tyd vir ontspan! Die geure in ons #DieLekkerLewe- Mediterreense varkworsies en fyn patat en rooiwyn-geposjeerde uie is al wat jy nodig het om rustig te raak. #DieLekkerLewe- Mediterreense varkworsies en patat word met olyfolie en botter bedek, in die oond gebak en voorgesit saam met rooi uie wat in rooiwyn en groenteaftreksel geposjeer is. 



Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees