Sny ’n bros baguette in die middel bo middeldeur en vul met pangebraaide, gerookte American Gourmet Hot Dogs. Bedek met ’n #DieLekkerLewe-mengsel van gekapte grasuie, gerasperde cheddarkaas, mosterd en broodkrummels, en bak in die oond tot die kaas smelt. Garneer met wilde roket en sit voor saam met ’n geurige brandrissie-en-mielie-doopsous.

Worsrol: 

  • Voorverhit die oond tot 200°C. 
  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die wors tot goudkleurig aan die buitekant. 
  • Meng die gekapte grasuie, biltongpoeier, cheddar, mosterd en broodkrummels in ’n mengbak.
  • Sny die bokant van die baguette oop en plaas dit op ’n bakplaat. 
  • Druk die wors in die baguette, bedek met die cheddarmengsel en bak 5-10 min. tot die kaas gesmelt het. 

Brandrissie-en-mieliedoopsous:  

  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan oor hoë hitte. 
  • Voeg al die bestanddele by en braai tot die mielies goudkleurig is. 
  • Sit eenkant en laat afkoel voor jy dit in ’n voedselverwerker plaas. 
  • Verwerk die mielies tot glad.
  • Bedek met die rooi blaarslaai en wilde roket en sit saam met die mieliedoopsous voor.