Ons eisbein met geurige broccoli is ’n smaaklike en moeitevrye Sondagete met ’n lekker pikante skop.

Tamatiesmoor-eisbein

  • Sit al die bestanddele in ’n pot, bedek met foelie en daarna die deksel sodat niks vog kan uitkom nie.
  • Prut 3 uur oor lae hitte om te verseker elke eisbein is deursag.

Polenta

  • Sit olyfolie, sout en knoffel in ’n groot pot en braai oor hoë hitte tot goudkleurig.
  • Giet stadig warm water by en laat dit kook.
  • Roer die polenta by en klitsroer tot dit glad is.
  • Sit die deksel op, verlaag die hitte en prut 10 min.
  • Roer die room by en haal van die stoof af.

Sagtestam-broccoli  

  • Verhit die olyfolie, botter en suurlemoensap in ’n groot braaipan oor hoë hitte.
  • Sodra die botter gesmelt is, sit dit broccoli, rissie en sout by.
  • Bedek en prut 5 min.
  • Haal die deksel af en braai nog 5 min.Sprinkel die gerasperde skil oor en haal van die stoof af.

Vir voorsit

  • Skep die polenta in ’n bord, stapel die eisbein bo-op en giet van die tamatiesmoor oor.
  • Rond af met ’n porsie broccoli.