Dié vullende en geurige oliebolle is ideaal as ’n #DieLekkerLewe-peuselhappie om die kinders tydens ’n rit versadig te hou.

  • Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte.
  • Knie die ham- en kaasblokkies by die brooddeeg in.
  • Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is.
  • Gebruik ’n groot ronde koekiedrukker om die oliebolle uit die deeg te druk en ’n kleiner een om die gat in die middel van elke oliebol te maak.
  • Verf jou oliebolle met olie en laat rus ’n paar minute.
  • Diepbraai die oliebolle tot goudbruin.
  • Bestrooi die oliebolle met die fyngedrukte aartappelskyfies wanneer dit uit die warm olie gehaal word.
  • Vir voorsit
  • Sit voor saam met botter, gerasperde kaas en konfyt en laat die kinders hul eie bolaag kies.
  • Kinders is dol oor ons #DieLekkerLewe- mini-ham-en-kaas-oliebolle.
  • #DieLekkerLewe- rokerige ham-en-cheddarkaasblokkies word by brooddeeg ingeknie, in ronde oliebolle gevorm, tot goudbruin gediepbraai en dan met fyngedrukte aartappelskyfies bedek.
  • Sit dit voor saam met jou keuse van botter, gerasperde kaas en konfyt.