’n Kruis tussen ’n pizza en ’n quesadilla, net happiegrootte en #DieLekkerlewe.

  • Braai die gesnyde sampioene in ’n pan oor matige hitte tot net sag.
  • Verwyder dit van die hitte en hou eenkant.
  • Plaas die tortillas op ’n plat oppervlak.
  • Sprinkel van die kaas op een helfte van elke tortilla.
  • Bedek die kaas op elke tortilla met 2 eetlepels tamatiepastasous.
  • Verdeel die groen en rooi soetrissies gelykop tussen die tortillas en skep sampioene bo-op die sous.
  • Bedek met gesnyde worsies en strooi die laaste bietjie kaas bo-op elk van die tortillas.
  • Vou die tortilla oor en druk dit effens plat.
  • Gooi olyfolie oor die bodem van ’n kleefvrye pan oor matige hitte.
  • Plaas twee quesadillas op ’n slag in die pan en verbruin liggies aan weerskante.
  • Laat dit effens afkoel en sny elke quesadilla in 3-4 driehoeke.