Heerlike jalapeño-en-beethummus met ’n tikkie knoffel gee aan dié propvol toebroodjie ’n romerige tekstuur.  

  • Plaas die mozzarellaskywe in ’n klein bak en bedek met lemoenmarmelade.
  • Hou in die yskas tot nodig.  
  • Braai die spek in ’n braaipan oor matige hitte tot bros.  
  • Plaas al die hummusbestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.
  • Smeer die snye brood mildelik met hummus.  
  • Voeg die blaarslaai, spek en mozzarella-skywe by. Herhaal. 

Vir voorsit:

  • Sit die toebroodjie voor saam met ’n keur van piekniekhappies.