Hope heilsame goedheid met geurige speserye maak #DieLekkerLewe se gereg ’n wenner vir ontbyt, middagete of selfs aandete. 

  • Verhit olie in ’n braaipan en braai die worse tot deurgaar en verbruin. 
  • Verwyder uit die pan en sit eenkant.
  • Wanneer dit afgekoel het, sny dit in stukke so groot soos die blokkies aartappel. 
  • Voeg botter in dieselfde pan en voeg aartappels en uie by.
  • Bestrooi met paprika, sout en peper en braai tot goudbruin en sag.
  • Verwyder van die hitte.
  • Voeg worsstukke by die aartappelmengsel en meng deur. 
  • Druk die mengsel af om ’n laag te vorm. 
  • Klits die eiers saam met ’n bietjie sout en peper en giet dit oor die aartappel-en-worsmengsel. 
  • Meng ’n bietjie sodat die eiers met die aartappel-en-worsmengsel meng.
  • Bedek met ’n deksel en laat kook oor lae hitte tot die eiers geset het.
  • Roer een of twee keer om te sorg die mengsel word egalig gaar. 
  • Wanneer dit gaar is, verwyder dit van die hitte. 
  • Haal die omelet so uit: Sit ’n groot eetbord bo-op die pan, hou die bord en pan met albei hande stewig vas en keer die omelet op die bord uit. 
  • Sit warm voor met ’n strooisel pietersielie vir garnering. 

Klik hier om vir jou gunsteling-worsie te stem en jy kan ’n Philips Airfryer of R5 000 kontant weekliks wen!