Hierdie #DieLekkerLewe-ontbyt-taco’s is blitsvinnig, doodmaklik en smullekker daarby. 

  • Verhit die olie in ’n braaipan en braai die Russiese worsies tot bruin.
  • Haal uit die pan en plaas eenkant.Voeg die ui en knoffel by en braai tot sag.
  • Voeg die worsies by, meng deur en braai tot bruin.
  • Verwyder van die hitte en plaas eenkant.
  • Verhit die tortillas volgens die aanwysings op die verpakking.
  • Bak die eiers en maak die tortillas deurwarm.
  • Maak die taco’s met ’n laag van die ui-en-Russiese-worsie-mengsel.
  • Geur met die sout en peper.
  • Bedek met die sprietuie, feta en eier.
  • Sit warm voor saam met suurlemoenwiggies.