Geroosterde groen tamaties:

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Plaas die groen tamaties op ’n bakplaat en bedruip met die olyfolie.
  • Druk die suurlemoensap oor die tamaties uit en geur met die sout en peper.
  • Voeg die vars basilieblare by en bak 10-15 min. in die oond.

Toebroodjie

  • Sny 4 snye ciabatta en pak op ’n bakplaat.
  • Bedruip met die olyfolie en geur met die sout en peper.
  • Plaas twee worse op elke sny en bedek met die mozzarella- en parmesaankaas.
  • Voeg die knoffel by en bak 10 min. in die oond tot die kaas gesmelt het en begin goudbruin raak.
  • Bedek die toebroodjie met die geroosterde tamaties en gebakte basilie en strooi ’n ekstra hand vol vars basilie oor.