Dié maklike ouvrou-onder-die-kombers het ’n heerlike Peppadew®-soetrissie-en-fetageur. 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Plaas die worsies, tamaties, uie, tiemie en olie in ’n oondbak en bak 15 min. 
  • Terwyl die worsies in die oond is, meng die meel en sout in ’n mengbak en maak ’n holte in die middel. 
  • Breek die eiers in die holte en meng met ’n elektriese menger tot glad.
  • Voeg melk by en meng goed
  • Giet die beslag oor die gaar worse en bak nog 20 min. 

Vir voorsit:

  • Sit voor saam met ’n vars slaai en sagte kaas.