’n Mens kan gerookte vark op verskeie maniere gaarmaak, maar die metode in gemmerlim of -bier is altyd ’n wenner, sê Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus.

  • Plaas die ham, uie, speserye en gemmerlim of -bier in ’n groot pot.
  • Bring tot kookpunt, bedek en laat 30 min. per 500 g vleis liggies prut.
  • Laat die ham in die kookvloeistof afkoel. 
  • Glaseersel: Plaas al die bestanddele in ’n kastrol en verhit tot gesmelt. 
  • Plaas die vleis in ’n roosterpan.
  • Verwyder die buitelaag en sny die vet in ’n diamantpatroon.
  • Opsioneel: Versier met naeltjies vir ekstra geur. 
  • Voorverhit die oond tot 160 °C.
  • Skep die glaseersel oor die ham en rooster 30-40 min.
  • Bedruip dikwels en voeg ’n bietjie water in die pan as dit lyk of die glaseersel gaan brand voor die vleis glansend en geglaseer is.  
  • Mosterd-en-kruiesous: Gebruik ’n staafmenger en meng die eiergele, suiker, sout, mosterdpoeier en heelkorrelmosterd.
  • Voeg die asyn geleidelik by en meng tot die sous dik genoeg is om die agterkant van ’n lepel te bedek, sowat 5 min.
  • Voeg die kruie by en meng.
  • Roer die suurroom of jogurt deur net voor jy dit voorsit en giet in ’n bak uit. 
  • Vir voorsit: Rangskik die geglaseerde ham op ’n opdienbord saam met die basilie en vars lemoenskywe.
  • Sit in skywe voor saam met die mosterdsous.