Paaseiernesbrood

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Rol die deeg in ’n vierkantvorm uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot sowat 1 cm dik.
  • Meng die botter, strooisuiker en vanielje in ’n klein mengbak tot ’n pasta vorm.
  • Bedek die deeg met die pasta.
  • Lig die rand van die een kant versigtig op en vou die deeg terug om ’n reghoekvorm te skep. 
  • Sny oor die lengte van die deeg om ses repe te vorm wat ewe groot is.
  • Vleg elke repie liggies, en vorm elke vlegsel in ’n sirkel om ’n nes te skep en druk die punte onderin vas. 
  • Plaas die neste op ’n gesmeerde bakplaat. 
  • Klits die eier en gebruik ’n deegkwas om elke nes te glaseer. 
  • Bedek die neste liggies met kleefplastiek en hou eenkant tot dit dubbel in grootte gerys het. 
  • Wanneer die neste gereed is, plaas ’n paaseier bo-op elkeen en bak 25-30 min. tot goudbruin. 
  • Verwyder uit die oond en laat op die bakplaat afkoel voor jy dit met sjokolade bedruip.

Versuikerde spek

  • Terwyl die neste eenkant besig is om te rys, plaas die spek op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bestrooi met strooisuiker.
  • Bak 15 min. in die oond op 180 °C of tot bros en gekaramelliseer.
  • Verwyder die spek van die bakpapier en laat eenkant afkoel. 

Sjokolade-bedruipsel

  • Wanneer die nesbrode afgekoel het, berei die gesmelte sjokolade vir bedruip voor.
  • Kap die wit sjokolade grof en plaas in ’n hittevaste bak oor (nie binne-in nie) ’n kastrol water wat prut.
  • Laat smelt terwyl jy af en toe roer tot al die sjokolade gesmelt het.
  • Gooi die gesmelte sjokolade in ’n klein mengbak.
  • Gebruik ’n spatel of lepel om die sjokolade van die kante van die bak af te skraap.
  • Herhaal die proses met die donker-/melksjokolade.
  • Bedruip eers die donker-/melksjokolade met ’n lepel oor die neste en dan die wit sjokolade. 

Vir voorsit:

  • Sit elke nesbrood bedruip met gesmelte sjokolade en bedek met bros versuikerde spek voor.