Met al die sjokolade wat dié maand uitgedeel word, hou ons dit liefs lig, vars en gesond in die #DieLekkerLewe-kombuis – soos dié geurige slaai. 

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Meng die pampoenblokke in ’n groot bak saam met die olyfolie, sout en peper. 
  • Keer in ’n enkellaag op ’n bakplaat uit, plaas in die oond en rooster 20-25 min.
  • Verhit ’n braaipan en braai die spek tot bros, verwyder van die hitte, laat afkoel en breek in stukke.
  • Verwyder die pampoen uit die oond en laat afkoel. 
  • Meng die geroosterde pampoen, gebraaide spek, feta, roket en songedroogde tamaties in ’n groot slaaibak. 
  • Meng die slaai goed deur.
  • Meng die jogurt saam met die suurlemoensap en -skil en sit as ’n sous saam met die slaai voor.