• Kook die pastavorms volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en plaas eenkant.
  • Verhit die botter in ’n braaipan en soteer die broccoli-blommetjies tot net sag, skep uit die pan en plaas eenkant.
  • Geur die varknek-steaks met die sout en peper. Verhit die olyfolie in dieselfde pan en braai die steaks 8-10 min. en draai dit een of twee keer om terwyl dit braai. 
  • Verwyder van die hitte en plaas eenkant.
  • Maak ’n slaaisous deur die heuning, asyn, sojasous en sesamolie te meng.
  • Sny die varknek-steaks in skywe.
  • Meng die pasta, broccoli, varknekskywe, sprietuie, mieliepitte en slaaisous in ’n groot slaaibak.
  • Geur met die sout en peper, meng nog ’n keer deur en sit voor.