Dié maklike en romerige resep is nommerpas vir ’n vinnige ete op ’n weekaand. Die kaaswors gee lyf aan ’n minmoeite pastagereg, en die spinasie sorg vir ’n bietjie groenigheid, sê Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus.

  • Verhit die olie in ’n kleefwerende braaipan of pot en voeg die worsies by tot dit begin verbruin en gaar is. Haal uit die pan en sny in skywe met ’n skerp mes.
  • Braai die sampioene en murgpampoentjies in dieselfde pan tot dit begin verkleur en gaar is. Voeg die spinasie by en verhit tot verlep.
  • Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer, sowat 10-15 min.
  • Voeg die Russiese worsies, groente, olywe en basilieblare by die pasta en meng.

Sous

  • Meng die basiliepesto en jogurt en geur na smaak. Voeg by die pasta, roer goed deur en sit voor saam met skaafsels parmesaankaas en ekstra basilie.