Uiemarmelade:

  • Verhit ’n kastrol oor matige hitte.
  • Voeg die olyfolie en uie in en braai tot die uie goudbruin en sag is.
  • Voeg die res van die bestanddele by en verlaag die hitte.
  • Laat prut 10-15 min.

Toebroodjie:

  • Verhit ’n braaipan oor hoë hitte en braai die spek tot bros.
  • Pak die spek en skywe brie in lae op 4 snye piesangbrood en voeg die uiemarmelade by.
  • Maak dit met die oorblywende snye brood toe. 
  • Smelt die botter in ’n groot braaipan en rooster die toebroodjies tot die brie gesmelt is.
  • Sit voor saam met roket en ekstra uiemarmelade.