Dié #DieLekkerLewe-gereg is nie net tradisioneel nie, maar ook kompetisiewaardig. Dit is my staatmakergereg wanneer ek familie en vriende onthaal en heerlik saam met ’n margarita. 

  • Voorverhit die oond tot 230 °C.
  • Meng die tamatie, brandrissie, koljander en ui in ’n klein bakkie en geur met die sout en peper.
  • Meng goed, bedek en verkoel in die yskas tot jy gereed is om dit voor te sit. 
  • Voeg al die kase en die meel in ’n bak en meng.
  • Plaas eenkant. 
  • Haal die worsvleis uit die omhulsels en plaas eenkant.
  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan en voeg die worsvleis by.
  • Braai tot goudbruin en breek die worsvleis met ’n houtlepel op terwyl jy dit gaarmaak. 
  • Voeg die ui by en hou aan kook tot die worsvleis heel gaar en die ui sag is. 
  • Skep die wors-en-ui-mengsel uit die pan en plaas eenkant. 
  • Giet die bier in ’n kastrol en laat prut.
  • Wanneer dit begin prut, voeg die kase stadig by terwyl jy aanhoudend klits sodat die kaas in die bier smelt.
  •  Wanneer al die kaas gesmelt het en glad is, voeg die wors-en-ui-mengsel by en roer om te meng. 
  • Verwyder van die hitte en giet in ’n oondvaste bak.
  • Plaas in die oond en bak 5-10 min. tot die kaas borrel en verbruin het. 
  • Haal uit die oond en laat effens afkoel voor jy dit voorsit. 
  • Skep die salsa bo-oor en sit voor saam met die tortillaskyfies.

Hierdie week is jou laaste kans om ‘n Philips TurboStar Airfryer en R5000 te wen!

Stem vir jou gunsteling hier: