Dié tuisgemaakte pizza is onweerstaanbaar lekker.


Pizzabasis

  • Voorverhit die oond tot 200 °C
  • Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak.
  • Voeg die appelwyn by en knie tot ’n deeg vorm.
  • Bedek met kleefplastiek en laat staan eenkant.

Pizza-bolaag

  • Giet die olyfolie in ’n klein braaipan oor matige hitte en braai die frikkadelle tot goudbruin. Verwyder van die hitte.
  • Meng die tamatiepuree, tamatiepasta, origanum en sout in ’n mengbak.

Voeg bymekaar

  • Rol die deeg uit op ’n meelbedekte oppervlak en smeer met die tamatiesous.
  • Bak die basis 10 min. en haal uit die oond.
  • Voeg die res van die bolaagbestanddele by en bak nog 5 min. tot die kaas gesmelt het.

Vir voorsit:

  • Garneer die pizza met die vars basilieblare, sny en sit voor.