Bagel:

  • Braai die pregosteaks 5 min. weerskante in olyfolie in ’n braaipan oor hoë hitte.
  • Verwyder die pregosteaks van die hitte.
  • Plaas die uie en meel in ’n plastieksak en skud die sak om dit goed te bedek.
  • Diepbraai die uie in ’n kastrol oor hoë hitte tot bros en goudbruin.
  • Skep die uie uit die olie en geur met die sout.
  • Rooster die mosterdsaad 5 min. in ’n klein kastrol oor matige hitte.
  • Verwyder van die hitte en druk die mosterdsaad met die lem van ’n mes fyn.
  • Meng die mayonnaise, mosterdsaad en asyn in ’n klein mengbak.

Botterskorsiepiekel:

  • Verhit die witwynasyn, bruinsuiker en tiemie in ’n klein kastrol oor matige hitte tot die suiker opgelos het en die mengsel begin kook.
  • Giet die warm asyn in ’n mengbak oor die botterskorsie en meng goed.

Afronding:

  • Sny die bagels, smeer met botter en rooster liggies in ’n braaipan.
  • Smeer die bagels dik met mayonnaise en voeg die pregosteak en botterskorsiepiekel by.
  • Rond af met die roket en diepgebraaide uie.
  • Geur met sout en peper na smaak.