• Gestoomde rolletjies.
  • Voeg die broodmeel, koekmeel, sout en suiker in ’n groot mengbak.
  • Meng die droë kitsgis by die warm water en sit eenkant om die gis te aktiveer (5-7 min.).
  • Voeg die geaktiveerde gis by die meelmengsel en meng tot ’n bal deeg begin vorm.
  • Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie 10 min. tot glad.
  • Plaas die deeg in ’n groot mengbak, bedruip met olie, bedek met kleefplastiek en bêre op ’n warm plek tot die grootte verdubbel het. 
  • Vulsel
  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Plaas die ribburgers op ’n gesmeerde bakplaat en bak 10-15 min.
  • Braai die rooi-uie en salie in ’n pan oor matige hitte.
  • Sit eenkant om af te koel.
  • Meng die gebraaide uie, Marmite, wit cheddar en broodkrummels goed saam in ’n mengbak.
  • Vir afronding
  • Knie die deeg af, rol in ’n vierkant uit en verdeel in agt stukke.
  • Rol elke stuk in ’n reghoek uit.
  • Halveer elke ribburger in die lengte, plaas op ’n reghoek deeg en bedek met vulsel.
  • Maak die ribburger en vulsel toe en verf die deeg met olyfolie en ’n bietjie water.
  • Plaas elke rolletjie in ’n stuk bakpapier om te sorg dit kleef nie aan mekaar vas wanneer dit stoom nie.5.
  • Plaas die rolletjies in ’n kolander in ’n pot oor pruttende water, bedek en stoom 25-30 min.
  • Verwyder van die hitte, laat afkoel en pak jou gestoomde rolletjies in ’n verseëlde houer vir jou reis.