Die # DieLekkerLewe-byvoeging van romerige sampioensous maak van ’n tradisionele Mexikaanse konsep ’n ware wenner!

  • Verhit olie en botter in ’n braaipan en braai die worsies tot deurgaar en alkante verbruin.
  • Verwyder van die hitte, laat effens afkoel, sny in die lengte in dik skywe en hou eenkant.
  • Braai die sampioene in dieselfde pan tot versag en verbruin.
  • Voeg dan die meel by en roer 1-2 min. deur terwyl jy seker maak die meel is Voeg die room by en roer goed.
  • Stel die hitte laer en laat die sampioene in die room prut.
  • Roer af en toe tot die sous verdik.
  • Verwyder van die hitte en hou eenkant. 
  • Maak die quesadilla deur van die wit cheddarkaas bo-oor ’n tortilla te strooi en met die romerige sampioenmengsel en ’n paar skywe wors te bedek.
  • Bedek dan met nog ’n tortilla en hou eenkant.
  • Herhaal met die oorblywende tortillas.
  • Verhit ’n groot braaipan.
  • Sodra dit warm is, plaas 1 quesadilla versigtig in die pan.
  • Braai die onderkant 1 min. en druk liggies met ’n eierspaan af terwyl jy werk. 
  • Keer die quesadilla versigtig om en verbruin die ander kant. 
  • Verwyder van die hitte en herhaal met die oorblywende quesadillas.
  • Meng suurroom, jalapeños en koljander saam, geur liggies met die sout en peper en hou eenkant.
  • Sny die quesadillas in kwarte, garneer met nog koljander en sit warm voor saam met die suurrroommengsel.
Klik hier om vir jou gunsteling-worsie te stem en jy kan ’n Philips Airfryer of R5 000 kontant weekliks wen!