Dié betowerende #DieLekkerLewe-kombinasie van pasta, room en spek sal al jou bekommernisse laat wegsmelt. 

Tagliatelle

  • Bring ’n kastrol water tot kookpunt oor hoë hitte.
  • Voeg die pasta by en kook 10 min. tot al dente.Romerige suurlemoen-en-kruiesous met bros spek 
  • Terwyl die pasta kook, verhit ’n groot braai pan oor matige hitte.
  • Voeg 3 e olyfolie in die pan en braai die rooi ui tot sag en glansend.
  • Voeg die spek en kruie by en braai tot die spek bruin en bros is.
  • Voeg die room, suurlemoensap en -skil by en verlaag dan die hitte tot laag en laat prut.
  • Wanneer die pasta al dente is, skep ½ k van die styselagtige pastawater uit en meng dit by die sous in.
  • Skep die pasta uit die water en voeg dit direk by die sous.

Meng goed tot al die pasta met die romerige sous bedek is.

Vir voorsit:

  • Skep ’n porsie pasta in ’n bord en bedek met vars kruie, sout en peper en ’n suurlemoenwiggie.

Dis tyd vir gerief! Ons ryk, fluweelagtige en #DieLekkerLewe- suurlemoen-en-kruie-tagliatelle met spek sal al jou bekommernisse laat wegsmelt.Al dente tagliatelle word in ’n ryk, pikante sous van vars room, rooi ui, salie, tiemie, basilie, suurlemoen en #DieLekkerLewe- bros spek gesmoor.