Dié pikante, bros Russiese rolletjies met ’n bolaag van wortelpiekel het genoeg geur om jou gesin te oorrompel! 

Russiese rolletjies

  • Meng die tahini en mayonnaise in ’n klein bak.
  • Sny die rolletjies in die lengte oop, smeer met tahini-mayonnaise en bestrooi met gekapte sprietuie. 
  • Verhit olyfolie in ’n pan oor matige hitte en braai die Russiese worsies tot bruin.
  • Plaas die gebraaide Russiese worsies in die worsbroodjies.

Voorbereiding van die piekelfles

  • Was die fles en deksel in warm seepwater en spoel dan af.
  • Plaas die fles met die regte kant na bo sonder die deksel in ’n diep kastrol en bedek die fles met warm water tot sowat 2 cm bo die bokant van die fles. 
  • Verstel die hitte tot hoog en bring die water tot kookpunt. 
  • Laat die fles vir 10 min. kook en verwyder dan die kastrol van die hitte.
  • Haal die gesteriliseerde fles uit die warm water (met ’n flesligter of tang) vir dadelike gebruik of bêre in warm water vir tot ’n uur tot nodig. 
  • NB. Die fles moet warm wees om die temperatuur van die warm piekel te kan weerstaan, anders sal dit breek. 

Brandrissie-en-wortelpiekel

  • Voeg die water, asyn en suiker in ’n diep kastrol oor lae hitte.
  • Roer tot die suiker oplos en voeg dan die res van die bestanddele by.  
  • Verstel hitte tot hoog en laat kook 10 min. terwyl jy die kastrol dophou om seker te maak dit kook nie oor nie. 
  • Verwyder van die hitte en giet die warm piekel in ’n warm gesteriliseerde fles (die fles sal breek as dit koud is) en maak met ’n deksel toe.
  • Laat afkoel en verkoel (kan vir tot 2 maande in die yskas gebêre word). 

Vir voorsit:

  • Bedek elke Russiese rolletjie met pikante piekel en sit saam met piekelstroop en tahini-mayonnaise as doopsous voor.