• Verhit die olyfolie in ’n braaipan. Voeg die knoffel en sampioene by en geur met die sout en peper.
  • Soteer die sampioene liggies tot net sag, verwyder van die hitte en plaas eenkant. 
  • Rooster die okkerneute liggies in ’n ander braaipan tot jy hul aroma kan ruik.
  • Haal uit die pan en plaas eenkant. 
  • Verhit die botter in ’n pan en braai die blokkies spekvleis tot bros. Haal die spek uit die pan en hou die pansouse.
  • Voeg die preie in die pan en braai tot dit net begin sag word.
  • Voeg die appelsider-asyn en bruinsuiker by, roer om die klewerige stukkies op te skraap en kook sowat 5 min. tot effens verdik. 
  • Voeg die suurlemoensap by en roer deur, verwyder van die hitte en plaas eenkant om af te koel.
  • Meng die slaaiblare met die preiesous, sampioene, okkerneute en spekvleis in ’n groot slaaibak.
  • Sit voor saam met stukke bokmelkkaas bo-oor gestrooi.