Bestanddele
- 4 groot snye suurdeegbrood
- ½ k maaskaas
- ½ k sondroë tamaties
- 2k gerasperde wit kaas
- 4 eiers, geposjeer of gekook
- ’n hand vol vars basilie
- 1e olie
- 2k water
- sout en peper
- 350 g Eskort Gold Medal-varkworsies
Metode
- Skakel die roosterfunksie van jou oond aan.
- Plaas die varkworsies in ’n braaipan saam met 2 k water en die olie.
- Plaas die pan oor matige hitte en kook die worse in die water tot die water veramp het. Braai dan die worse vir 10-15 min. in die oorblywende olie tot goudkleurig weerskante.
- Rooster die brood en smeer die snye met die maaskaas.
- Voeg die sondroë tamaties en die wit kaas by.
- Geur met sout en peper.
- Rooster die toebroodjies tot die kaas gesmelt het.
Vir voorsit:
Sit die worse en die eiers op die toebroodjies voor en garneer met die vars basilie.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET