Voorverhit oond tot 200 °C.

  • Rasper die kase en meng in ’n bak.
  • Verhit die olie in ’n pot en braai die ui tot sag. Voeg die knoffel by en braai nog ’n minuut. 
  • Voeg die tamaties, rissievlokkies en origanum by.
  • Giet die hoenderaftreksel en room by en laat 10-15 min. saggies prut tot die sous verdik.
  • Geur na smaak met die sout en peper, roer en laat staan eenkant.
  • Skep ’n eetlepel of twee van die sous op ’n tortilla, versprei eweredig en strooi van die kaas oor. Pak twee kaasworsies op die onderste punt en rol die tortilla op.
  • Skep ’n bietjie van die sous onderin ’n vlak, gesmeerde bakplaat en pak die tortilla daarin. Herhaal die proses tot die bakplaat vol tortillas is. 
  • Giet die oorblywende tamatiesous oor, strooi die oorblywende kaas oor en bak 15-20 min. of tot die kaas gesmelt is en bruin raak. Garneer met die koljander en sit warm voor.