Bederf jou elke af en toe met ’n bietjie sjokolade in die oggend. 

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n 12-holte-muffinpan.
  • Sny die melksjokolade in 12 blokkies.
  • Klits die eiers in ’n middelslagbak en voeg die karringmelk, botter, suiker en vanielje by. 
  • Voeg die meel in ’n groot bak.
  • Roer die kakao, bakpoeier, sout en koeksoda met ’n vurk in en maak seker geen kakaoklonte bly oor nie.
  • Roer die donkersjokolade in.
  • Giet die eiermengsel in en roer tot egalig gemeng.
  • Skep ml (2 e) deeg in elke muffinholte.
  • Plaas ’n blokkie melksjokolade in die middel van elkeen en vul met die beslag tot  bo.
  • Bak 20 min. in die middel van die oond of tot ’n toetspen skoon uitkom (behalwe gesmelte sjokolade) wanneer dit in die middel van ’n muffin ingesteek word. 
  • Haal uit die oond en laat 15 min. op ’n draadrak afkoel voor jy dit uitkeer.
  • Sit warm voor of laat heeltemal op ’n draadrak afkoel.