Vergeet die bykosse en laat die honger wyk met dié vullende #DieLekkerLewe-slaai wat as hoofgereg kan dien. 

Spek

  • Meng die asyn, water, sout en suiker in ’n bak.
  • Voeg die spek by en sit eenkant om te pekel. 

Slaai 

  • Meng die braaispeserye, kekerertjies, olyfolie en sout met die skil en sap van ’n helfte van die suurlemoen in ’n bak. 
  • Bedruip die spanspekskywe met die sap van die ander helfte van die suurlemoen en die strooisuiker.
  • Braai die bedruipte spanspekstukke in ’n pan oor hoë hitte.

Vir voorsit:

  • Meng die slaaiblare met die kekerertjies.
  • Verwyder die spek uit die pekelmengsel en voeg by die slaaiblare.
  • Bedek met die gebraaide spanspek, roomkaas en uiemarmelade.