Ma, moet jou nie in die kombuis afsloof nie – dié moeitelose toebroodjie is #DieLekkerLewe en perfek vir middagete! 

  • Voorverhit die oond tot 190 ºC. 
  • Plaas die spekrepe op ’n bakplaat en bak 10-15 min. 
  • Meng die roomkaas met die pesto en smeer ruimskoots op elke sny brood. 
  • Sprei die gerasperde kaas, fyngedrukte knoffel en sout en peper op ’n bakplaat uit en bak in die oond tot gesmelt en goudbruin.
  • Haal die gesmelte kaas uit die oond en sit eenkant om af te koel.
  • Sny die kaas in toebroodjiegroot skywe. 
  • Begin die toebroodjie maak met lae babaspinasie, mozzarella en Eskort Lemon Zesty-spekrepe. 
Murgpampoenskyfies: 
  • Braai die murgpampoentjies in olyfolie in ’n groot braaipan en meng met suurlemoensap, sout en peper. 
  • Sit saam met jou gunsteling-mayonnaise of tuisgemaakte aioli voor. 
Handgeklitste mayonnaise (aioli):
  • Sit die eiergele in ’n groot bak en klits tot skuimerig. 
  • Meng die olyfolie, saad/sonneblomolie, suurlemoensap, asyn en sout en peper in ’n maatbeker.
  • Skep geleidelik die een lepel ná die ander van die oliemengsel by die eiergele en klits ná elke byvoeging tot behoorlik gemeng.  
  • Hou aan tot al die olie met die eiergele gemeng is en ’n romerige mayonnaise gevorm het. 
  • Voeg sout en peper by na smaak.