• Voeg ’n bietjie olyfolie in ’n braaipan en verhit. Wanneer warm, voeg die babaspinasie by en roerbraai sowat 1-2 min. tot net verlep.
  • Skep die spinasie uit die pan, kap dit grof en sit eenkant. 
  • Plaas die brood, room en eier in ’n groot bak en meng om ’n pasta te vorm. 
  • Voeg die ui, origanum, sout, peper, spinasie en ’n skeut olyfolie by. 
  • Druk die vleis uit die derm, voeg dit by die broodmengsel en meng goed. 
  • Verdeel die mengsel tussen die soetrissiehelftes en druk dit liggies in. 
  • Pak die soetrissies op ’n oondpan en bedruip met nog ’n bietjie olyfolie. 
  • Strooi parmesaan oor elkeen en bak 25-30 min. tot die vulsel gaar en die soetrissies sag is. 
  • Haal uit die oond, skep op borde en sit dadelik voor.