Die volmaakte pasta? Want dis #DieLekkerLewe onweerstaanbare spekvleis.

  • Bring ’n groot pan soutwater tot kookpunt en kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking.
  • Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die spekvleis tot gaar.
  • Verwyder van die hitte en plaas eenkant.
  • Voeg die tamaties, sout, peper en balsemieke asyn in dieselfde pan en laat prut tot die sous effens verminder en verdik het.
  • Voeg die olywe by en kook nog 1-2 min.
  • Voeg die spekvleis terug in die pan en roer om te meng en deurwarm te maak.
  • Verwyder van die hitte, voeg die basilieblare by en roer deur.
  • Voeg die spaghetti by en meng.
  • Sit warm voor nadat jy dit mildelik met parmesaankaas bestrooi het.