Pappardelle-pasta bedek met suurlemoenskil en neuterige parmesaankaas vorm ’n heerlike basis vir dié versadigende gereg.  

Sous-en-frikkadelle

  • Giet die olyfolie in ’n groot kastrol oor hoë hitte.  
  • Voeg die ui, wortels, seldery, knoffel en kruie by en braai tot glansend.  
  • Voeg die res van die bestanddele by en verminder die hitte.  
  • Laat prut 30 min.
  • Voeg die mini-frikkadelle by en kook nog 7 min. 

Pasta 

  • Verhit ’n kastrol vol water oor hoë hitte en voeg die sout by. 
  • Voeg die pasta by sodra die water begin kook en beweeg die kastrol om te keer dat die pasta aan mekaar kleef. 
  • Kook die pasta tot al dente. 
  • Dreineer die water en bedruip die pasta met die olyfolie.
  • Voeg die parmesaankaas en suurlemoenskil by en roer deur. 

Vir voorsit:

  • Sit die sous voor op die suurlemoenpasta en garneer met die vars basilie en nog ’n bietjie parmesaankaas.