Hiert, kyk so ’n warmbrak! Ons dollie die gewone ou worsbroodjie op met spek, blaarslaai en tamatie. #DieLekkerLewe 

  • Klits die mayonnaise, kappertjiesaad en agurkies in ’n klein bak. 
  • Kap die tamaties, versnipper die blaarslaai en basilie en hou eenkant.
  •  Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die spek tot effens bros.
  • Skep die spek uit en hou eenkant.
  • Braai die worsies in dieselfde pan tot deurwarm.
  • Skep uit die pan.
  • Rooster die gesnyde worsbroodrolletjies in ’n skoon pan, skep uit en smeer met botter.
  • Voeg die mayonnaisemengsel by die blaarslaai en basilie en meng tot goed bedek. 
  • Plaas ’n laag van die versnipperde blaarslaai en basilie en ’n worsie op die broodjie en bedek met die tamaties en spek. 
  • Sit onmiddellik voor.