#DieLekkerLewe se spek-en-blomkoolkoekies is vinnig, maklik en smaaklik. 

  • Breek die blomkoolkop in blommetjies.
  • Bring ’n pot gesoute water tot kookpunt en voeg die blomkool by.
  • Verlaag die hitte en laat prut die blomkool tot net sag. 
  • Dreineer goed en druk droog.
  • Maak dan met ’n vurk fyn tot dit soos fyn aartappel begin lyk.
  • Hou eenkant om af te koel. 
  • Klits die eiers in ’n bak.
  • Voeg dan die spek, sprietuie, brandrissie, 2 eetlepels van die meel en bakpoeier by.
  • Meng goed. 
  • Voeg die blomkool, kaas en oorblywende meel by en geur met die sout en peper.
  • Meng goed.
  • Bedek die bodem van ’n groot braaipan mildelik met olie en verhit oor matige hitte.
  • Skep eetlepels van die beslag in die pan, maak effens plat en braai tot goudbruin.
  • Draai om en braai tot goudbruin aan die ander kant. 
  • Skep uit op kombuispapier om te dreineer.
  • Herhaal tot al die koekies gaar is.
  • Sit voor saam met ’n skeut suurroom en gekapte grasuie.