Ons het die tradisionele eierfrikkadel ’n kinkel gegee vir die volmaakte kitsontbyt of kosblikbederfie. 

  • Bring ’n pot water tot kookpunt op die plaat, verminder die hitte tot dit liggies kook en voeg die eiers by. 
  • Kook die eiers tot net sag sowat 6-7 min., verwyder uit die pot, laat afkoel, skil af en laat staan eenkant.
  • Geur elke eier met ’n bietjie sout en peper en draai dan ’n repie spek om elkeen en vou die punte in.Verhit die olie in ’n vlak pan en braai die eiers; draai voortdurend tot die spek goudbruin is.
  • Verwyder van die hitte en sit warm voor, of koud met jou gunstelingsous of smaakmiddel (tamatiesous is ’n gunsteling).