Dis #DieLekkerLewe en tyd vir die ontbyt vir kampioene! Maar jy kan die heerlike spinasie-spek-en-eierpoffers vir middagete ook eet. Dis hoe lekker dit is! 

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Spuit ’n bakplaat met ’n diepte van 2-3 cm met kossproei en rol die skilferkorsdeeg op die plaat uit. 
  • Werk die deeg teen die kante van die plaat op om ’n lae versperring te vorm. 
  • Prik die deeg met ’n vurk en bak dit vir 8 min. in die oond. Haal dit uit die oond en sit eenkant om af te koel. 
  • Pak die tamatieskywe in ’n laag oor die deeg en bedek met die babaspinasie en blokkies spek. 
  • Skep blertse roomkaas bo-op.
  • Breek die eiers bo-oor alles en breek sagkens die geel sodat dit tydens die gaarmaakproses versprei. 
  • Geur met sout en peper en bak 20-25 min. in die oond tot die eiers geset en die deeg goudbruin is. 
  • Sny in skywe en sit warm voor.