Kaasburgers – net kleiner, lekkerder en dit smaak na meer. Mini-frikkadelle wat soos kaasburgers proe. Water jul mond al?

  • Verhit die botter in ’n braaipan en braai die spek tot gaar volgens jou smaak (ons hou daarvan bros).
  • Skep die spek uit die pan, sny dit in 3 cm-stukke en hou eenkant. 
  • Braai die frikkadelle in dieselfde pan, in die spek se vet, tot verhit en deurgaar. Skep uit die pan en hou eenkant. 
  • Voeg die knoffel en ui in dieselfde pan wat nou spek- en frikkadelvet in het en braai tot sag.
  • Voeg die gekapte tamaties en brandrissievlokkies by en laat prut tot die sous verdik het. 
  • Verwyder die pan van die hitte en hou eenkant. 
  • Begin met die frikkadelle, ryg ’n frikkadel aan ’n sosatiestok, gevolg deur ’n vierkant cheddarkaas, ’n stuk spek, ’n bietjie blaarslaai en ’n heel babatamatie. 
  • Herhaal die proses tot die bestanddele op is. 
  • Giet die sous in ’n doopbak en sit die spek-en-kaasburgerfrikkadelle saam met die tamatiesous voor.