Bros stukkies souterige spek en taai, soet karamel omskep gewone vanieljeroomys in ’n luukse nagereg! #DieLekkerLewe!

Spek en karamel

  • Braai die spek oor matige hitte tot bros. Laat staan eenkant. 
  • Smelt in dieselfde pan jou suiker oor matige hitte.
  • Moenie die suiker roer nie, swaai net die pan om die korreltjies te versprei.
  • Sodra die suiker gesmelt en gekaramelliseer het tot amberkleurig, voeg die botter by en klits tot gemeng.
  • Verwyder van die hitte en voeg die room by; klits tot dit goed gemeng is.
  • Plaas terug op die hitte en laat 1 min. liggies kook.
  • Laat staan eenkant om af te koel. 

Roomys

  • Laat kook die water, suiker, vanieljegeursel en vanieljepeul 1 min. in ’n kastrol oor hoë hitte.
  • Verwyder van die hitte en plaas in die yskas om af te koel. 
  • Klits die room in ’n groot mengbak terwyl jy stadig die afgekoelde stroop bygiet.
  • Klits tot stywe pieke vorm en skep dan die roomys in ’n kleefvrye broodpan.
  • Skep al die spek en die meeste van die karamel by, los ’n bietjie vir bedruiping.
  • Vries oornag. 

Vir voorsit:

  • Skep porsies roomys in suikerhorinkies en bedruip met die donker- en wit sjokolade en karamel voor jy voorsit.