Voorverhit die oond tot 180 ºC.

  • Verhit botter in ’n braaipan en braai blokkies spek tot deurgaar. Skep uit die pan en laat afkoel. 
  • Braai die ui in dieselfde pan tot net versag, en laat afkoel. 
  • Meng die spek, ui, bokkaas, suurroom, eiers, rooipeper, room en wit cheddar goed in ’n groot bak. Geur met sout en peper en meng tot dit ’n lekker romerige tekstuur het. 
  • Sproei tertpannetjies (of muffinpanholtes) met kossproei, en verdeel die mengsel eweredig tussen hulle.
  • Strooi nog ’n bietjie wit cheddar oor elkeen. 
  • Plaas in die oond en bak 20-25 min. of tot goudbruin en geset. 
  • Haal uit die oond, laat afkoel, haal uit die tertpannetjies en sit warm voor.