Dié moeitelose #DieLekkerLewe-worsbroodjies is binne minute gereed en net die ding vir honger mae. 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Vou ’n reep spekvleis (of 2) om elke worsie en steek die punte met peuselstokkies vas. 
  • Pak dit op ’n bakplaat en bak 15-20 min. tot die spekvleis bros is.
  • Smeer ’n bietjie botter, mosterd en tamatiesous op elke rolletjie en pak dan ’n laag blaarslaai en tamatieskywe op.
  • Haal die worsies met spekvleis om uit die oond en plaas bo-op.
  • Strooi die grasuie oor. Sit warm voor.