Niks sê ‘ek is lief vir ma’ soos dié #DieLekkerLewe-koekies  nie. Dit word met ’n ekstra spesiale bestanddeel – liefde – gebak en dit lewer genoeg om met die hele gesin te deel. 

Verhit ’n braaipan en braai die spekvleis liggies tot net gaar. Verwyder van die hitte en laat heeltemal afkoel. Wanneer dit afgekoel het, kap dit fyner as stukke te groot is.

  • Voorverhit die oond tot 180 °C en berei ’n bakplaat met kooksproei of voer dit met bakpapier uit. 
  • Gebruik ’n handklitser of voedselverwerker en klits die botter, suiker, vanieljegeursel en eiers saam tot glad en romerig.
  • Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n ander bak. 
  • Voeg die droë bestanddele by die bottermengsel en roer saam. 
  • Die deeg moet nog effens sag wees.
  • Voeg die sjokoladeskyfies en spekvleis in en meng goed. 
  • Los die deeg in die bak en bedek met kleefplastiek. Plaas minstens 1 uur in die yskas om te set. 
  • Haal die deeg uit die yskas en begin stukke deeg afknyp.
  • Rol in balletjies en pak op ’n bakplaat.
  • Los minstens 1 cm tussen elkeen oop. 
  • Druk die balletjies effens plat met jou vingers. 
  • Plaas die bakplaat in die oond en bak die koekies 10-12 min. tot goudbruin.
  •  Haal uit die oond en laat die koekies op ’n afkoelrak afkoel. 
  • Herhaal die proses met die oorblywende deeg.
  • Smelt die botter en esdoringstroop saam in ’n klein kastrol oor lae hitte terwyl jy af en toe klits.  
  • Wanneer die botter gesmelt het, verwyder van die hitte en klits die versiersuiker in. 
  • Sit die glasuursel eenkant en laat afkoel en verdik. 
  • Wanneer die koekies afgekoel het, bedruip met die esdoringglasuursel.
  • Laat die versiersel set voor jy dit voorsit.