Steranys-en-koffiegeglaseerde ham

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Plaas die ham in ’n bakskottel saam met al die ander bestanddele en bedek met twee lae tinfoelie.
  • Plaas die ham in die oond en bak ’n uur. 
  • Verwyder uit die oond en skep die steranys-en-koffiesous uit die bakskottel in ’n klein kastrol.
  • Laat die sous oor matige hitte afkook tot dit die agterkant van ’n lepel bedek.
  • Verwyder van die hitte en giet die sous oor die ham.

Gebakte roosmaryn-en-swartpeperbeet

  • Plaas die beet op ’n bakplaat en bedruip met die olyfolie. 
  • Plaas die botter tussen die beet en geur met die seesout, swartpeper en vars gekapte roosmaryn.
  • Bak 15-20 min. 

Vir voorsit:

  • Sit die steranys-en-koffiegeglaseerde ham voor saam met die gebakte roosmaryn-en-swartpeperbeet wat met vars kruisement en ’n Griekse jogurtsous afgerond is.