• Verhit die sesamolie in ’n pot oor hoë hitte, voeg die varkpensblokkies by en braai aan alle kante. Skep uit en laat staan eenkant.
  • Meng die suiker, knoffel, gemmer en sprietuie en braai 2-3 min., voeg dan die steranys, kaneelstok, rysasyn, sojasous en varkpensblokkies by.
  • Voeg die aftreksel by, en maak seker die varkpens is net-net daarmee bedek.
  • Plaas ’n deksel op en laat saggies 2-3 uur oor lae tot matige hitte kook.
  • Haal die deksel af vir die laaste halfuur en verstel die hitte matig tot hoog sodat die vloeistof kan afkook na ’n dik stroperigheid. Roer af en toe om seker te maak die varkpens is goed daarmee bedek.
  • Kook die basmatirys volgens die aanwysings op die pakkie.
  • Verhit die botter in ’n braaipan en braai die pak choi vinnig oor hoë hitte, geur liggies met die sout en peper, verwyder van die hitte en laat staan eenkant.
  • Sit warm voor saam met die pak choi en basmatirys en bestrooi met die sesamsade, sprietuie en rissie.