Dié lekker tamatiesop en gesmelte kaasrolletjie is ’n klassieke kombinasie. 

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Pak lae tamaties, ui, tiemie en knoffel in ’n braaipan of oondbak. 
  • Bedruip ruim met die olyfolie en strooi die brandrissievlokkies, sout en peper oor.
  • Braai 40-45 min. en haal uit die oond wanneer dit gaar is. 
  • Verhit die groenteaftreksel in ’n pot, voeg die tamatiemengsel by en bring tot kookpunt. 
  • Verminder die hitte en laat 15-20 min. prut.
  • Laat dit afkoel en skep in ’n voedselverwerker.
  • Verwerk tot glad. 
  • Giet die sop deur ’n sif (om al die growwe tamatiestukkies op te vang) en giet terug in die pot om warm te hou. 
  • Geur na smaak en sit warm voor saam met die room (opsioneel) en die gesmelte kaasrolletjie.
  • Gesmelte kaasrolletjie: Verhit die olie in ’n braaipan en braai die kaasworsies tot goudbruin en deurgaar.
  • Verwyder van die hitte en laat staan eenkant. 
  • Plaas die gebotterde rolletjies op ’n bakplaat en plaas ’n kaasworsie in elkeen.
  • Bestrooi met albei kase. 
  • Plaas die bakplaat in die oond en bak tot die kaas gesmelt, borrelend en goudbruin is. 
  • Haal uit die oond en sit warm voor saam met die tamatiesop.
  • Garneer met die sprietuie.