Die bros tempura-brandrissiekaasworsies word in ’n ligte beslag gedoop en gediepbraai en saam met vars groen groente en chimichurri-sous voorgesit om ’n eenvoudige, #DieLekkerLewe-toevoeging tot jou piekniekmandjie te skep. 

Tempura-brandrissiekaasworsies

  • Voorverhit ’n kastrol olie oor hoë hitte.
  • Meng die meel, mielieblom, sout en sodawater in ’n klein mengbak en klits goed om enige klonte te verwyder.
  • Verkoel die beslag vir 10 min. in die yskas.
  • Bedek die worsies met meel en doop dit dan in die beslag.
  • Plaas dit in die olie en diepbraai 5 min. tot bros.

Chimichurri-sous

  • Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en meng goed.  
  • Bêre in in ’n lugdigte houer in die yskas.

Vir voorsit

  • Sit die tempura-worsies saam met ’n slaai van vars groen groente voor en bedruip met die chimichurri-sous.

Jy kan dit maar glo – ons bros en #DieLekkerLewe-tempura-brandrissiekaasworsies en vars groen groente met chimichurri-sous is ’n eenvoudige, geurige toevoeging tot jou piekniekmandjie. #DieLekkerLewe-Gourmet American Chilli Cheese Hot Dogs word met meel bedek, in beslag gedoop, tot bros gediepbraai en saam met vars Franse bone en sagtesteel-broccoli voorgesit. Sit die chimichurri-sous as bykos voor of bedruip jou maaltyd daarmee.