Dis tyd om jou burgerbraaivaardighede op te skerp, want dié #DieLekkerLewe-vark-en-peerburger is ’n moet op jou somerspyskaart.

Burgerkoekie
  • Meng die varkmaalvleis, tiemie, gorgonzola, sout en peper goed in ’n bak. 
  • Vorm in koekies van 250 g.
  • Sprinkel met die olyfolie en braai in ’n goed verhitte pan tot gaar na jou smaak.
Pere
  • Sny die pere in dun skywe en sprinkel met die asyn en suiker.
  • Braai die pere saam met die salie in ’n riffelpan oor matige hitte tot gekaramelliseer.
Krulkool-en-aartappelskilskyfies
  • Braai die aartappelskille in ’n vlak pan oor matige hitte tot bros en skep uit. 
  • Braai die krulkool in ’n vlak pan oor matige hitte tot bros, skep uit die pan en dreineer op kombuispapier.
  • Meng die salie, gemmer, roosmaryn, strooisuiker en sout saam in ’n mengbak en geur die krulkool en aartappelskille daarmee. 
Sous
  • Meng die mayonnaise en suurlemoenskil en -sap.
  • BymekaarsitSkep die burger in lae:
  • Begin met die roket en babaspinasie, pak die pere op en dan ’n varkkoekie.
  • Rond af met die mayonnaisesous en sit voor saam met krulkool-en-aartappelskilskyfies.