Wanneer jy nie meer weet wat om gaar te maak nie, sal dié smaaklike soet-sout vark-en-peer-kombinasie jou inspireer.

Dié sagte koekies is vol #DieLekkerLewe soet en sout geure – ryk en dekadent. 

  • Voorverhit die oond tot 185 °C.
  • Braai die varknekstukke in ’n braaipan oor matige hitte tot bros.
  • Voeg die botter by en laat smelt.
  • Verwyder van die hitte en voeg in ’n groot mengbak.  
  • Verroom die botter en suiker saam.
  • Voeg die eiers een op ’n slag by en meng goed nadat elke eier bygevoeg is. 
  • Voeg die vanieljegeursel by en meng goed.
  • Meng die meel, bakpoeier, sout, neute, wit sjokolade en pere in ’n mengbak en vou by die eiermengsel in tot ’n gladde beslag vorm.  
  • Giet die beslag in ’n gesmeerde pan en bak 40 min. tot goudbruin en goed gerys. 

Vir voorsit

  • Bestuif die koekies met versiersuiker terwyl dit nog warm is en bestrooi met growwe sout.
  • Sit dadelik voor saam met ’n skep roomys of bêre in ’n lugdigte houer. 

Allergene

Die resep bevat gluten, laktose en neute.

Plaasvervangers

Meel (bevat gluten): Gebruik glutenvrye meel.

Botter (bevat laktose): Gebruik ghee (verhelderde botter) of harde klapperolie.

Wit sjokoladeskyfies (bevat laktose): Gebruik veganistiese wit sjokolade.

Pekanneute: Gebruik sonneblom- en pamp