Ons het die varkfilet ’n deftige baadjie gegee. “Piccata” beteken gesny, maar gesnyde vark klink vervelig, of hoe? Ons het dit op ’n Italiaanse manier berei. 

  • Kook die linguine volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer en laat staan eenkant.Verhit die olie in ’n groot pan, voeg die helfte van die botter by en dan die varkfilette en braai tot goudbruin, en bedruip met die romerige peri-peri-sous van die Eskort-pakkie.
  • Skep die varkfilet uit die pan en laat staan eenkant.
  • Behou die pansous. 
  • Plaas die pan weer op ’n warm plaat en voeg die wyn daarby.
  • Laat dit saggies kook, en skraap al die deeltjies van die bodem van die pan. Voeg die hoenderaftreksel, knoffel en suurlemoensap by en kook tot die sous effens verminder en verdik het.
  • Klits die oorblywende 10 g botter by, voeg die geurmiddels en pietersielie by.
  • Plaas die vark weer in die pan en bak 1-2 min. om deurwarm te raak en met die sous bedek te word.
  • Plaas die vark op ’n bord om voor te sit.
  • Skep die linguine in die pan en meng om met die sous te bedek.
  • Sit die linguine voor saam met die vark, ekstra pietersielie en die suurlemoenwiggies.