Voorverhit die oond tot 180 °C

  •  Varklende: Meng die olyfolie, knoffel, 5 ml (1 t) sout en 5 ml (1 t) peper in klein bakkie. Bedek die varklende alkant deeglik met dié mengsel. 
  •  Plaas die varklende in ’n oondbak en bak 45-50 min. tot die bokant bros is.  
  •  Sampioene: Verhit die botter in ’n braaipan, voeg die sampioene by, geur met die sout en soteer tot net bruin. Skep uit en hou eenkant. 
  •  Haal die varklende uit die oond, laat 10 min. rus en sny in dun skywe.
  •  Slaaisous: Klits die olyfolie, rooiwynasyn, heelgraanmosterd, heuning, sout en peper saam en hou eenkant.
  •  Pak van die roketblare, sampioene, varkskywe en okkerneute in lae en bedruip met die slaaisous.